Kospryse daal dalk in 2015

LAER BRANDSTOFPRYSE HELP

Deur Francois Williams Woensdag 24 Desember 2014 05:20

Photo: Vida Booysen
Photo: Vida Booysen

Suid-Afrikaanse verbruikers kan in 2015 uitsien na ’n verlangsaming in die groei van of selfs ’n daling in voedselpryse, meen Johannes Möller, president van die landbou-organisasie Agri SA.
In November was voedselprysinflasie nog 6,5%, maar die produsenteprysindeks vir landbou, bosbou en visserye was 2,3%.
“Laasgenoemde sal waarskynlik binne enkele maande ’n dalende invloed op voedselprysinflasie hê.”
Die laer brandstofprys is een van die bydraende faktore tot dié tendens, glo Möller. Brandstofuitgawes beloop 14% van die landbou se uitgawes, en onlangse en verdere verwagte prysverlagings kan dié kostekomponent verklein. Die res van die voedselwaardeketting het egter ook ’n bydrae te lewer om die koste-voordeel aan verbruikers deur te gee, sê Möller.

http://www.netwerk24.com/sake/2014-12-24-kospryse-daal-dalk-in-2015

 

Tags: