Mega-boere is buite politiek

Deur Piet Croucamp Dinsdag 06 Januarie 2015 03:10

Dit word dikwels in landboukringe genoem dat net 20% van Suid-Afrika se kommersiële boere verantwoordelikheid aanvaar vir tot 80% van die land se voedselsekerheid. Met ander woorde: ’n relatief klein groepie boere waarna verwys kan word as die mega-boere van die land, is verantwoordelik vir net minder as 2,5% van Suid-Afrika se bruto nasionale produk (BNP).
Hierdie boere is meer dikwels ook beduidend aangewese op die internasionale vraag na kos in die bemarking van ’n groeiende persentasie van hul produksie.
Wat die produksieproses betref, beslaan hul aktiwiteite dikwels ’n relatief kleiner grondoppervlak, tegnologiese innovasie is van kardinale belang in hul mededingendheid en die konsep van arbeid veronderstel ’n maatskaplike verpligting ter wille van bestendigheid.
Eintlik maak dit meer sin om na hierdie boere as voedselprodusente te verwys.  Arbeid, grond, kapitaal en die produksieproses in die konteks van die megaboere kan nie gelykgestel word aan die aktiwiteite van die ander 80% boere wat eintlik ’n soort middelklas- of selfs bestaansekonomie voer nie.

http://www.netwerk24.com/stemme/2015-01-06-mega-boere-is-buite-politiek

Tags: