Agri Wes-Kaap het tydens sy onlangse Jaardinee op 12 Augustus, gehou tydens die organisasie se Jaarkongres, erkenning gegee aan uitstaande polisiebeamptes en -eenhede vir hul bydrae tot die bekamping van veediefstal en die bevordering van landelike veiligheid in die Wes-Kaap.
Die beoordeling vir die veediefstal-toekennings word in noue samewerking met die Wes-Kaap Veediefstaleenhede se provinsiale koƶrdineerder, Kaptein Zaayman, gedoen, en neem verskeie faktore in ag, onder meer arrestasies gemaak, boetes uitgereik en skuldigbevindings behaal.
Beste Veediefstallid: Adjudant-offisier Cremer
Die toekenning vir die beste Veediefstallid is vanjaar aan Adjudant-offisier Cremer oorhandig. Hy het in 1991 by die SAPD aangesluit en lewer reeds meer as 35 jaar toegewyde diens. Hy is in 1998 tot die rang van Inspekteur bevorder, wat in 2010 na Adjudant-offisier verander het ā ‘n rang waarin hy reeds 28 jaar dien. Sedert 2012 is hy verbonde aan die Oudtshoorn Veediefstaleenheid, na ‘n vorige diensperiode by die Bethal Veediefstaleenheid.
Die toekenning is ‘n erkenning vir sy uitsonderlike prestasies, hoĆ« skuldigbevindingsyfer, onbaatsugtige bereidwilligheid om ekstra ure in te sit, sy leierskap as waarnemende bevelvoerder, en sy waardevolle opleiding en ondersteuning aan boere en ander rolspelers.

Beste Veediefstal- en Bedreigde Spesie-eenheid: Oudtshoorn Veediefstaleenheid
Vanjaar het die Oudtshoorn Veediefstaleenheid wat weereens as wenner uit die stryd getree het ā ‘n prestasie wat getuig van volgehoue uitnemendheid, toewyding en professionele dienslewering.
Onder leiding van Kaptein Molaoa bedien die eenheid ‘n uitgestrekte gebied wat stasies soos Oudtshoorn, George, Knysna, Plettenbergbaai, Mosselbaai, Uniondale en Calitzdorp insluit. Met slegs vyf lede en drie voertuie lewer die eenheid diens van die hoogste gehalte, en het vanjaar ‘n skuldigbevindingsteiken van 97,09% nie net bereik nie, maar oortref met ‘n indrukwekkende 100% skuldigbevindingsyfer. Die eenheid speel voorts ‘n onmisbare rol in misdaadvoorkoming, ondersoeke, die terugvind van gesteelde vee, gemeenskapsuitreikings, hulp met brandmerkaansoeke en gereelde skakeling met boereverenigings.

Beste SAPD Landelike Veiligheidskoƶrdineerder: Sersant G.A. Johnson, Stilbaai SAPD
Sersant G.A. Johnson van Stilbaai SAPD is vereer as die beste SAPD Landelike Veiligheidskoƶrdineerder vir 2025/26. Sedert sy aanstelling as Landelike Sektor Kommandant in 2015 het Sgt. Johnson hom onderskei deur toewyding, dissipline en diens in ‘n polisiĆ«ringsarea van sowat 784 vierkante kilometer, grotendeels bestaande uit plase en kleinhoewes. In die afgelope jaar alleen het hy 513 plaasbesoeke onderneem en 4 230 patrollies gelei, en was hy een van Stilbaai SAPD se hoogste bydraers tot arrestasies met 53 arrestasies vanjaar, insluitend dwelm- en drankhandel.
Sgt. Johnson speel voorts ‘n deurslaggewende rol in optrede teen onwettige immigrasie, in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake, en was tydens die Bek-en-Klouseer-krisis betrokke by kruisgrens-operasies wat die landbousektor direk beskerm het. Vir boere en produsente in Stilbaai en die wyer Tuinroete-distrik is hy ‘n vertroude vennoot wie se plaaslike kennis en toeganklikheid wesenlik bydra tot ‘n gevoel van veiligheid in die streek.

Agri Wes-Kaap bedank Adjudant-offisier Cremer, die lede van die Oudtshoorn Veediefstaleenheid en Sersant Johnson vir hul onvermoeide toewyding en die verskil wat hulle daagliks maak in die beskerming van die Wes-Kaapse landbougemeenskap en sy bates.
