
PAARL, By ‘n glansgeleentheid tydens die Agri Wes-Kaap Santam Jongboer Gala-aand het Agri Wes-Kaap met trots Richard Hutton-Squire van die Elgin-Grabouw omgewing aangekondig as die wenner van die gesogte Agri Wes-Kaap Jongboer van die Jaar 2026-kompetisie. Die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Ivan Meyer, het die trofee persoonlik aan die wenner oorhandig – ‘n bekronning van Hutton-Squire se uitmuntende bydrae tot die jong boerderygemeenskap. As provinsiale wenner dring hy nou deur na die nasionale Jongboer van die Jaar-kompetisie.
Die Gala-aand in die Paarl
Die Agri Wes-Kaap Jongboer Gala-aand was ‘n feesviering van die provinsie se jong landboutalent. Teenwoordig by die geleentheid was verteenwoordigers van hoofborg Santam, nasionale borg Toyota, Agri Wes-Kaap Bestuur, landbou bedrywe asook Minister Ivan Meyer, Wes-Kaapse Minister van Landbou en sy kantoor. Minister Meyer het die hoogtepunt van die aand se seremonie behartig deur die trofee aan Hutton-Squire te oorhandig, wat die provinsiale regering se sterk verbintenis tot die ontwikkeling van jong boere beklemtoon.
Oor die Wenner
Richard Hutton-Squire (40) is ‘n jong boer uit die vrugbare Elgin-Grabouw omgewing, ‘n steek wat wêreldwyd erken word vir sy uistekende appel- en peerboerdery. Hutton-Squire boer met passie en toewyding met appels en pere – gewasse wat noukering bestuur, tegniese kennis en langtermyn-beplanning vereis. Sy deelname aan hierdie kompetisie het nie net sy landboukundige vaardigheid bewys nie, maar ook sy leierskapkwaliteite en visie vir die toekoms van die Suid-Afrikaanse landbou.
“Young farmers is the ones that is going to take this forward. Young farmers is very important in the long term. I learned that you only get what you put in – that is why it is very important to put in the effort and hours. It may seem not lekker at first, but you will see the results” – Hutton-Squire.
Die belangrikheid van Jongboere in die Wes-Kaap
Die Wes-Kaap is die ruggraat van Suid-Afrika se landbousektor en lewer ‘n beteknisvolle bydrae tot die land se voedselsekuriteit en uitvoerdienste. Hierdie dinamiese provinsie is tuis aan diverse bedrywe, van vrugte- en wynboerdery tot graan, groente en vee. Tog staar die bedryf ‘n kritieke uitdaging in die gesig: die vergrysingsprofiel van boere en die noodsaaklikheid om ‘n nuwe geslag landboukundiges te betrek en te behou. Jongboere is nie bloot die toekoms van landbou nie – hulle is die hede. Hulle bring vars idees, nuwe tegnologieë en entrepreneuriese energie na ‘n bedryf wat voortdurend moet aanpas by klimaatsverandering, markdruk en regulatoriese eise.
Die Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar kompetisie beliggam hierdie toewyding om jong talent te erken, te inspireer en te bemagtig. Deur platforms soos hierdie te skep, investeer Agri Wes-Kaap, Santam en Toyota direk in die langtermynvolhoubaarheid van die provinsie se landbousektor.

